Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika
Hoofstuk 1: Grondliggende bepalings
Hoofstuk 2: Handves van regte
Hoofstuk 3: Regering van samewerking
Hoofstuk 4: Parlement
Hoofstuk 5: Die President En Nasionale Uitvoerende Gesag
Hoofstuk 6: Provinsies
Hoofstuk 7: Plaaslike Regering
Hoofstuk 8: Howe en Regspleging
Hoofstuk 9: Staatsinstellings Ter Ondersteuning Van Grondwetlike Demokrasie
Hoofstuk 10: Openbare Administrasie
Hoofstuk 11: Veiligheidsdienste
Hoofstuk 12: Tradisionele Leiers
Hoofstuk 13: Finansies
Hoofstuk 14: Algemene Bepalings
Bylae 1: Nasionale Vlag
Bylae 1A: Geografiese Gebiede van Provinsies
Bylae 2: Ampsede en Plegtige Verklarings
Bylae 3: Verkiesingsprosedures
Bylae 4: Funksionele Gebiede Van Konkurrente Nasionale En Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid
Bylae 5: Funksionele Gebiede Van Eksklusiewe Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid
Bylae 6: Oorgangsreëlings
Bylae 7: Wette Herroep
Ons, die mense van Suid-Afrika,
Erken die ongeregtighede van ons verlede;
Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;
Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en
Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.
Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde –
- Die verdeeldheid van die verlede te heel en ʼn samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;
- Die grondslag te lê vir ʼn demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;
- Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en
- ʼn Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ʼn soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Mag God ons mense beskerm.
Nkosi Sikelel’ iAfrika.
Morena boloka setjhaba sa heso.
God seën Suid-Afrika.
God bless South Africa.
Mudzimu fhatutshedza Afurika.
Hosi katekisa Afrika.
This work was created and first published in South Africa and is in the public domain because it is an official text of a legislative, administrative or legal nature, or an official translation of such a text.
According to the Copyright Act, 1978, § 12 (8) (a), "No copyright shall subsist in official texts of a legislative, administrative or legal nature, or in official translations of such texts[.]" As an edict of a government, it is also in the public domain in the United States. |